Wednesday, August 09, 2006

Net jy kan 'n verskil maak...

Goeie More / Middag / 'Naand... (wanneer ook al jy die lees). Ek het besluit ek sal maar gou vinnig blog en mense up-to-speed hou met die verwikkelinge in die SkaatsCast.

Sedert Episode#03 | Podsafe, Godafe, Spams en Loslyf, was daar actually intussen nog 'n episode opgeneem - Episode#04 | Amerikaners, Jode, Gays en Virgins, maar ongelukkig was die episode se klankkwaliteit so swak gewees dat ons maar besluit het dit sal beter wees as ons hom nie post nie.

So ons gaan binnekort dan 'n Episode#04 uitbring wat waardig is om die lug te sien, en dalk, net dalk, sal ons
Episode#04 | Amerikaners, Jode, Gays en Virgins uitbring - hang af wat die luisteraars soek. SO JY KAN 'N VERSKIL MAAK!

Wat fout was met die episode is dat ons ongelooflik baie feedback opgetel het (seker van die laptop af) en daar is 'n irriterende "beep" geluid reg deur die podcast. Steyn was ook die heeltyd distorted (sy klank, nie hy nie...).

Ek kan darem vir julle se dat die episode pretty funny was - wel, volgens ons. Dit was net Steyn, Villiers en Maresa (ja, ons het vir die eerste keer 'n dame op die podcast gehad!), en het gesels oor die Virgin Mobile advertensie, Mel Gibson se manewales, F*kofpolisiekar en N*Sync.

So email ons en laat ons weet. Genoeg emails (van verskillende mense - duh) en hy sal die lug sien!

Vrede vir hierdie week en ons sal van julle hoor.

Vriendelike groete,

Skaats de Wet*

No comments: