Thursday, November 19, 2009

Video game maak kerkdiens na

Net toe almal op aarde gedink het die SkaatsCast Glinsterende Kruis Awards is voldoen, kom daar 'n produk op die mark wat almal uit die water uit blaas - deur die "Mass" market aan te vat...

Mass: We Pray is 'n nuwe video game wat die Katolieke kerkdiens namaak, met die appropriate slagspreuk: "A family shouldn't have to wait until Sunday to worship the Lord". Ahem.

Die amazingste deel van als is dat jy die "Cross Controllers" moet gebruik - twee Wii-mote geïnspireerde accelerometer controllers in die vorm van 'n kruis - om aanbiddings moves uit te voer. Hoe beter en in sync jy dit doen met die game, hoe meer "Grace points" kry jy en hoe verder kan jy vorentoe in die kerk beweeg.

Maar dit stop nie daar nie...

Jy moet dan jou Grace Points verruil om "Holy Mysteries" oop te sluit. Ek vermoed hierdie is ou teologiese scrolls geskryf deur Moses. But wait, there's even MORE! Dit kom ook met 'n "Kneeler Accessory" - iets wat lyk soos die 80s weergawe van 'n Wii Fitness pad.



Ek dink niks sê dit beter as die einde van die video nie - "Bring your family closer... to heaven!"

Ahem.

Friday, October 30, 2009

Weggeraap? Moenie stress nie, Buks is veilig

Hier's 'n interessante een...

'n Dude in Alstead, New Hampshire, het met 'n killer idee opgekom om geld uit die wegraping te maak. Basies wat hy doen is verseker mense wat moontlik weggeraap gaan word (seker maar bepaal op hul eie diskressie?) dat hulle honde deur 'n ateïs opgepas sal word wanneer hulle in 'n beter plek is.

Welkom by Eternal Earthbound Pets.
Hy het ook gesê sy werknemers sal "beslis" nie hemel toe gaan nie aangesien hulle almal die Heilige Gees in skrif vervloek het (ja... hectic) - die onvergeefbare sonde.

Al wat jy hoef te doen is om $110 op te dok, met enige ekstra troeteldiertjies wat slegs $15 bo-op dit is.

Check die FAQ's uit op die site. Crazy crazy crazy.

Q: Is this a Joke?
A: No. This is a serious offer to our Christian friends

Q: Can I meet or communicate with my rescue representative?
A: Sorry, No. Our representatives' information are held in strict confidence.

Q: When the Rapture occurs, how long before my pet is rescued?
A: The timing is contingent on the number of subscribers we have in each state/region and travel distance. Our rescuers know that this is a time sensitive service. Pets' lives are at stake. We will limit the number of subscribers in each zone so that any given rescuer will not be over burdened.

Vir nog, check http://eternal-earthbound-pets.com uit.

My gunsteling quote uit die terms & conditions:
If subscriber loses his/her faith and/or the Rapture occurs and subscriber is not Raptured (aka is "left behind") EE-BP disclaims any liability; no refund will be tendered.

Monday, September 14, 2009

Kanye doen dit weer by dié jaar se VMA's

Ons almal se gunsteling kort-van-draad rapper Kanye West het weer 'n groot bohaai opgeskop by die jaar se MTV Video Music Awards, en hy was nie eers genomineer vir die toekenning nie.

Ek weet nie of hy die keer weer ge-"sippy sippy" het nie, maar hy kon homself weer nie inhou toe Taylor Swift se "You Belong with Me" die beste Female Dance Video toekenning bo Beyoncé se "Single Ladies (Put a Ring On It)" gekry het nie.

Nadat dit aangekondig is dat me. Swift die toekenning gekry het, het Kanye haar gevolg na die verhoog en haar dankies kortgeknip deur die mikrofoon uit haar hand uit te neem en vir haar te sê: "Ek is baie bly vir jou, ek sal jou laat klaarmaak, maar Beyoncé het een van die beste video's van alle tye."

Kanye het toe die verhoog verlaat met boo's van die skare, terwyl me. Swift stil op die verhoog met haar toekenning staan.

Na dit is Kanye, in sy afwesigheid, geboo vir elke toekenning waarvoor hy genomineer is. Gelukkig vir die toekenningaanbieders het hy geen toekennings ontvang nie.

Beyoncé het later die aand die groot toekenning van Video of the Year gekry vir "Single Ladies" en vir me. Swift na die verhoog geroep om haar onderbroke speech klaar te maak.

Kanye het later op sy persoonlike blog om verskoning gevra vir sy optrede, en breek terselfde tyd die belangrikste netiket reel deur dit als in hoofletters te skryf: "I’M SOOOOO SORRY TO TAYLOR SWIFT AND HER FANS AND HER MOM. I SPOKE TO HER MOTHER RIGHT AFTER AND SHE SAID THE SAME THING MY MOTHER WOULD’VE SAID. SHE IS VERY TALENTED!"

Ek dink Kanye moet net ophou om 'n tantrum te gooi elke keer as iets nie volgens sy sin is nie.

Saturday, August 08, 2009

You Hava a New Friend Request From Jesus!


St. Giles Presbyterian Church in Ottawa, Kanada, het hierdie op hulle bord gehad. Ek's eintlik verbaas ek het nog nie so een gesien nie.

Ek wonder wanneer gaan daar iets kom soos: "Twitter: Do you want to follow Jesus?"

Thursday, July 09, 2009

Follow follow up: Pope op twitter!

Okay so volgens die website is die pous op twitter, maar net nie baie aktief nie.

Hierdie is 'n moeilike een om te verify, maar 'n paar dinge trek my aandag:
  1. Die pope follow TUAW.com - die sogenaamde 'unofficial Apple weblog'. Het hy moontlik 'n MacBook Pro en edit al sy speeches in iMovie?
  2. Verder volg hy mense soos @MuscleNerd. Gaan check dit uit op twitter. So hy laaik sy MacBook, luister na Straatligkinders op sy iPod touch as hy die wêreld oor travel en dig dit om saam met Muscle Nerd te gaan gym as hy in Los Angeles is.
  3. Hy kom van CT af. Cape Town?
  4. Hy't sy tweets protect (dit klink baie weird). Dit is baie weird.
Mmm. Ek is nie Hortio van CSI Vatican nie, maar...

Follow up: Die pous is 'n video blogger!

Eers was dit Barack. Nou is dit Benedict.

Ja hierdie is bietjie ouerige nuus maar dit segway so mooi van die vorige poust (sic) af.

Die offisiële digitale stem van die Vatikaan is op YouTube. Dis pretty awesome dat 'n instituut so tradisioneel soos die Katolieke Kerk opeindig as een van die early adopters van new media.

Ek sal nie vir jou jok nie, die presentation van die videos is baie eenvoudig en handel in meeste gevalle oor sermons en speeches wat deur Pope Benedict XVI gedoen word.

As jy vinnig na die background kyk lyk dit amper asof die standbeeld 'n west side symbol wys, maar as jy mooi kyk sien jy dis eintlik St. Peter met 'n sleutel in sy hand.

Hierdie kanaal op YouTube is regtig 'n stappie in die regte rigting. Wie weet, dalk kry mens binnekort vir @benedict_xvi op twitter.

Wednesday, July 08, 2009

Japanese Eersteminister Gee Kamera vir Pous

Die eersteminister van Japan, Taro Aso, het 'n Sony digitale video kamera vir Pous Benedict XVI gegee, en die globale ekonomiese krisis met hom bespreek, gedurende sy besoek aan die Vatikaan. Mnr. Aso, wat een van die min Rooms Katolieke in Japan is, was daar vir sy eerste stop oppad na die G8 spitsberaad, wat tussen 8 en 10 Julie in Italië plaasvind.

Vir die ongewilde eersteminister, wie heel waarskynlik gaan verloor in die opkomende verkiesing, was die ontmoeting seker 'n groot persoonlike hoogtepunt van sy toer, maar die

Vir Mnr. Aso, wat een van die min Rooms Katolieke in Japan is, was dit seker hoogtepunt van die toer, alhoewel die kiesers, wat meestal Sjintoïsties is, seker nie veel sal omgee nie.

Hier is 'n video vir as jy rerig baie geïnteresseerd is:


Ek wonder of die pous nou gebede na YouTube gaan upload. Edit: die pous het 'n YouTube channel (al sedert 2005), miskien gaan hy nou sy gebede in HD upload.

Thursday, June 11, 2009

Die "Glinsterende Kruis" Awards 2009

Daar is baie mense wat al die glinster in die kruis gesien het… jy weet, daai glansryke geleentheid om geld te maak uit geloof. Ons by die SkaatsCast kom deesdae al hoe meer af op voorbeelde van dit.

Ek dink dis hoog tyd vir ‘n top 10; in fact, ek kan amper nie glo ons het nog nie so iets op die blog gehad nie! Maar ons doen dinge anders hier... so hier onder is die top 9 voorbeelde van Christelike produkte en dienste wat of ‘n regte rip-off is, of net regtig sleg uitgevoer is.

Na die verlede post oor die Prayer Cross het ons op ‘n hele hoop ‘Christelike’ produkte afgekom, so sonder om te lank te draai hier is die (cue vocal reverb en drumroll…):

9. Knopies met ‘n Bybel tema
Al ooit gehoor van ‘wearing your faith on your sleeve’? Wel iemand het, en gedink ‘almal sê dit, maar niemand doen dit nie!’ Nou kan jy met BadgeBoy Produkte se nuwe “Knopies met ‘n Bybel tema”.



Om die waarheid te sê, ek is nie heeltemal seker wie dit sal koop nie. My ondervinding in die wêreld van bemarking sê vir my dis Christelike fanatikuste, maar selfs daaroor is ek nie seker nie.

Met ‘knopies’ wat arbritrêre dog stereotipiese boodskappe dra soos “Bybelstudie” en kommerwekkende “He touched me” is die ding wat dit ‘n uiteindelike flop maak die feit dat jy dit nie eens die opsie het om dit te bestel nie.

Priceless.

8. Crusader pajamas
Kry jy ooit daai gevoel jy doen nie genoeg vir Christenskap nie? Dalk droom jy ander gelowe neem die wêreld oor. Wel, nie meer nie!

Dit gaan dalk nie vir jou pas nie maar ten minste sal jou kinders dit kan dra en die Christelike stempel in hul drome, in die middle ages plaas. En boonop sal die bed bugs nooit byt nie.

7. In-vlug etes op Alaska Airlines
Nes pop-up advertensies en flyers in my kar se venster, vind ek Bybelversies op alledaagse produkte partymaal nogal intrusive… en somtyds bietjie eerie daarby.

As jy ooit die geleentheid het om Alaska Airlines te vlieg sal jy sien daar het meer as net ‘n gewoel en gewerskaf in die in-flight meal… met ‘n kaartjie wat net mooi glad nie sin maak nie.

6. Joshua and the battle of Jericho Komper speletjie
Hierdie is nie net ‘n game nie. Nee. Jy’s Joshua en moet die Israeliete na die beloofde land van God lei; en dit als vir slegs $5.95. Kan enigeiets cooler wees as dit?

Seker die feit dat dit selfs beskikbaar is vir Sega Megadrive, Nintendo Game Boy en Atari. Wow.

5. Pamflette vir die Christelike Lektuur Fonds
Imagine gou iemand wat jy goed ken lig die elmboog op ‘n gereelde basis en jy’t besluit om iets daaraan te doen. Maar hoe? Kry so 150 “Alkohol – Iemand na aan my drink te veel – wat nou?” pamflette en los dit regoor die persoon se huis.
Ok dis nie waarvoor dit bedoel is nie…

4. Believe in God spray
Hierdie moet ‘n joke wees. Of ‘n joke, of ‘n absolute rip-off. Koop vir jou een, hier!


3. Christian bumper stickers
Bumper stickers suck al klaar, maar hoe kan ons dit nog baie, baie erger maak? Maklik! Dink aan ‘n hele rits van die mees onoorspronklike boodskappe in die wêreld ooit, en verkoop dit! Nie net sal dit baie mense se bumper-fix-of-the-day wees nie, maar dit sal selfs al die ander mense op aarde so erg irriteer dat hulle vir die volgende twee sondae moeiliker sal opstaan om kerk toe te gaan.


2. Jurie Els gospel album… en VELE MEER!
Mens hoef nie te veel te sê oor hoekom hierdie album net ‘n stappie te vêr is nie.

Volgens Kalahari.net het "EK HOOR AS U ROEP en K-K-KYK NA MY albei goue status behaal, terwyl VERBLY JOU IN DIE HERE byna goue status behaal het."

Wat's met die CAPS?
Koop jou eie kopie, hier!

1. Benny Hinn
Obviously sou Benny nommer een maak. Come on. Wie dan anders?

Die David Copperfield van Christenskap. Ou Benny is ‘n masjien as hy op sy kruistogte Afrika toe kom. Vele was al glo van VIGS en kanker genees deur Benny.



Whataboikie.