Jammer vir die ongelooflike lang stilte, maar ons het met 'n paar probleempies aan die kant gesit (indien jy vroeer al die blog gelees het, sal jy weet).
Ons het die keer die podcast/potgooi in die gebedskamer opgeneem aangesien daar 'n begrafnisonthaal in die jeugsaal aan die gang was en Oom Frikkie (die opsigter) ons vriendelik verwys het.
Van nou af gaan ons probeer om jou te betrek by die Avonture van Skaats de Wet, want ons stel belang in wat jy dink. Daarom stel ons voor (drumroll)...
Die vraag van hierdie episode is: Wat is jou claim to fame? Was jy al op TV? Het jy 'n interessante storie om te deel? Email ons by skaatscast@gmail.com!
In hierdie episode chat ons oor die movie Saved!, 'n teen movie wat afspeel in 'n Amerikaanse skool (wie sou kon raai). Saved! raak nogal sterk topics aan, soos bv. Christenskap en homoseksualiteit, Christenskap en seks, en (wie sou weer kon raai) Christenskap en... um... Christenskap.
Dit is 'n tong-in-die-kies manier van kyk na Christenskap en is regtig funny, veral as jy betrokke is by 'n kerkgemeenskap.
Ons vra om verskoning as ons lesers van Die Son ontstel het. Ons kyk E! Entertainment. Dis die toppunt van breindood, onintellektuele snert-vermaak. So vergewe ons.
Soos meeste van die bands op die SkaatsCast het ons ook toevallig op 'Kids in the Way' afgekom. Eintlik het ek al van tevore maar toe was daar niks podsafe mp3s nie. So hier is 'n Christen band wat super energieke sick songs het - excellent vocals, awesome lyrics. Check hulle uit.Gewoonlik is die band review pretty eenvoudig (en droog) so van nou af sal ons probeer om iets te se van ten minste 3/5 bands per week...
Song: Phoenix with a heartache
Album: Safe from the losing fight
www.kidsintheway.com
www.purevolume.com/kidsintheway
www.myspace.com/kidsintheway
Die acoustic keuse van die week. Check hulle uit, hulle sal verseker weer 'n verskyning maak.
Song: In loving memory
Album: Unreleased
www.purevolume.com/andtheniturnedsevenmn
www.andtheniturnedseven.net
DIE SKAATS DE WET FUMMS UPP KEUSE!
Hierdie is nie verniet die keuse van die week nie... Run Kid Run is onlangs gesign op Tooth&Nail records, een van die voorste sekulere Christen labels. Hulle nuutste album is niks kort van vrek goed nie en hulle kort eintlik twee fumms upp.
Song: We've only just begun
Album: This is who we are
www.runkidrun.net
www.purevolume.com/runkidrun
www.myspace.com/runkidrun
SA BAND VAN DIE EPISODE
Oh yeah ons het ons heel eerste interview gedoen - die keer met Potchefstroom band Missing June. Ons het met Bouwer Bosch gechat om bietjie te hoor wat hulle te se het...
Song: Iam
Album: n/a
www.purevolume.com/missingjune
The Violet Burning is al jarre in die bedryf en hulle raak net beter. Hulle is 'n band wat 'n passie het vir God en dit kom deur in hul musiek. Mens kan hoor hulle het 'n baie gesofistikeerde klank - modern maar met old school roots. Hulle het amper die Fumms Upp van die episode gekry. O en jy MOET hulle nuwe album uitcheck...
Song: Already gone
Album: Drop dead
www.thevioletburning.com
www.purevolume.com/thevioletburning
www.myspace.com/thevioletburning
No comments:
Post a Comment