Net toe almal op aarde gedink het die SkaatsCast Glinsterende Kruis Awards is voldoen, kom daar 'n produk op die mark wat almal uit die water uit blaas - deur die "Mass" market aan te vat...
Mass: We Pray is 'n nuwe video game wat die Katolieke kerkdiens namaak, met die appropriate slagspreuk: "A family shouldn't have to wait until Sunday to worship the Lord". Ahem.
Die amazingste deel van als is dat jy die "Cross Controllers" moet gebruik - twee Wii-mote geïnspireerde accelerometer controllers in die vorm van 'n kruis - om aanbiddings moves uit te voer. Hoe beter en in sync jy dit doen met die game, hoe meer "Grace points" kry jy en hoe verder kan jy vorentoe in die kerk beweeg.
Maar dit stop nie daar nie... Jy moet dan jou Grace Points verruil om "Holy Mysteries" oop te sluit. Ek vermoed hierdie is ou teologiese scrolls geskryf deur Moses. But wait, there's even MORE! Dit kom ook met 'n "Kneeler Accessory" - iets wat lyk soos die 80s weergawe van 'n Wii Fitness pad.
Ek dink niks sê dit beter as die einde van die video nie - "Bring your family closer... to heaven!"
'n Dude in Alstead, New Hampshire, het met 'n killer idee opgekom om geld uit die wegraping te maak. Basies wat hy doen is verseker mense wat moontlik weggeraap gaan word (seker maar bepaal op hul eie diskressie?) dat hulle honde deur 'n ateïs opgepas sal word wanneer hulle in 'n beter plek is.
Welkom by Eternal Earthbound Pets. Hy het ook gesê sy werknemers sal "beslis" nie hemel toe gaan nie aangesien hulle almal die Heilige Gees in skrif vervloek het (ja... hectic) - die onvergeefbare sonde.
Al wat jy hoef te doen is om $110 op te dok, met enige ekstra troeteldiertjies wat slegs $15 bo-op dit is.
Check die FAQ's uit op die site. Crazy crazy crazy.
Q: Is this a Joke? A: No. This is a serious offer to our Christian friends
Q: Can I meet or communicate with my rescue representative? A: Sorry, No. Our representatives' information are held in strict confidence.
Q: When the Rapture occurs, how long before my pet is rescued? A: The timing is contingent on the number of subscribers we have in each state/region and travel distance. Our rescuers know that this is a time sensitive service. Pets' lives are at stake. We will limit the number of subscribers in each zone so that any given rescuer will not be over burdened.
My gunsteling quote uit die terms & conditions: If subscriber loses his/her faith and/or the Rapture occurs and subscriber is not Raptured (aka is "left behind") EE-BP disclaims any liability; no refund will be tendered.
Ons almal se gunsteling kort-van-draad rapper Kanye West het weer 'n groot bohaai opgeskop by die jaar se MTV Video Music Awards, en hy was nie eers genomineer vir die toekenning nie.
Ek weet nie of hy die keer weer ge-"sippy sippy" het nie, maar hy kon homself weer nie inhou toe Taylor Swift se "You Belong with Me" die beste Female Dance Video toekenning bo Beyoncé se "Single Ladies (Put a Ring On It)" gekry het nie.
Nadat dit aangekondig is dat me. Swift die toekenning gekry het, het Kanye haar gevolg na die verhoog en haar dankies kortgeknip deur die mikrofoon uit haar hand uit te neem en vir haar te sê: "Ek is baie bly vir jou, ek sal jou laat klaarmaak, maar Beyoncé het een van die beste video's van alle tye."
Kanye het toe die verhoog verlaat met boo's van die skare, terwyl me. Swift stil op die verhoog met haar toekenning staan.
Na dit is Kanye, in sy afwesigheid, geboo vir elke toekenning waarvoor hy genomineer is. Gelukkig vir die toekenningaanbieders het hy geen toekennings ontvang nie.
Beyoncé het later die aand die groot toekenning van Video of the Year gekry vir "Single Ladies" en vir me. Swift na die verhoog geroep om haar onderbroke speech klaar te maak.
Kanye het later op sy persoonlike blog om verskoning gevra vir sy optrede, en breek terselfde tyd die belangrikste netiket reel deur dit als in hoofletters te skryf: "I’M SOOOOO SORRY TO TAYLOR SWIFT AND HER FANS AND HER MOM. I SPOKE TO HER MOTHER RIGHT AFTER AND SHE SAID THE SAME THING MY MOTHER WOULD’VE SAID. SHE IS VERY TALENTED!"
Ek dink Kanye moet net ophou om 'n tantrum te gooi elke keer as iets nie volgens sy sin is nie.
Hierdie is 'n moeilike een om te verify, maar 'n paar dinge trek my aandag:
Die pope follow TUAW.com - die sogenaamde 'unofficial Apple weblog'. Het hy moontlik 'n MacBook Pro en edit al sy speeches in iMovie?
Verder volg hy mense soos @MuscleNerd. Gaan check dit uit op twitter. So hy laaik sy MacBook, luister na Straatligkinders op sy iPod touch as hy die wêreld oor travel en dig dit om saam met Muscle Nerd te gaan gym as hy in Los Angeles is.
Hy kom van CT af. Cape Town?
Hy't sy tweets protect (dit klink baie weird). Dit is baie weird.
Mmm. Ek is nie Hortio van CSI Vatican nie, maar...
Ja hierdie is bietjie ouerige nuus maar dit segway so mooi van die vorige poust (sic) af.
Die offisiële digitale stem van die Vatikaan is op YouTube. Dis pretty awesome dat 'n instituut so tradisioneel soos die Katolieke Kerk opeindig as een van die early adopters van new media.
Ek sal nie vir jou jok nie, die presentation van die videos is baie eenvoudig en handel in meeste gevalle oor sermons en speeches wat deur Pope Benedict XVI gedoen word.
As jy vinnig na die background kyk lyk dit amper asof die standbeeld 'n west side symbol wys, maar as jy mooi kyk sien jy dis eintlik St. Peter met 'n sleutel in sy hand.
Hierdie kanaal op YouTube is regtig 'n stappie in die regte rigting. Wie weet, dalk kry mens binnekort vir @benedict_xvi op twitter.
Die eersteminister van Japan, Taro Aso, het 'n Sony digitale video kamera vir Pous Benedict XVI gegee, en die globale ekonomiese krisis met hom bespreek, gedurende sy besoek aan die Vatikaan. Mnr. Aso, wat een van die min Rooms Katolieke in Japan is, was daar vir sy eerste stop oppad na die G8 spitsberaad, wat tussen 8 en 10 Julie in Italië plaasvind.
Vir die ongewilde eersteminister, wie heel waarskynlik gaan verloor in die opkomende verkiesing, was die ontmoeting seker 'n groot persoonlike hoogtepunt van sy toer, maar die
Vir Mnr. Aso, wat een van die min Rooms Katolieke in Japan is, was dit seker hoogtepunt van die toer, alhoewel die kiesers, wat meestal Sjintoïsties is, seker nie veel sal omgee nie.
Hier is 'n video vir as jy rerig baie geïnteresseerd is:
Ek wonder of die pous nou gebede na YouTube gaan upload.Edit: die pous het 'n YouTube channel (al sedert 2005), miskien gaan hy nou sy gebede in HD upload.
Daar is baie mense wat al die glinster in die kruis gesien het… jy weet, daai glansryke geleentheid om geld te maak uit geloof. Ons by die SkaatsCast kom deesdae al hoe meer af op voorbeelde van dit.
Ek dink dis hoog tyd vir ‘n top 10; in fact, ek kan amper nie glo ons het nog nie so iets op die blog gehad nie! Maar ons doen dinge anders hier... so hier onder is die top 9 voorbeelde van Christelike produkte en dienste wat of ‘n regte rip-off is, of net regtig sleg uitgevoer is.
Na die verlede post oor die Prayer Cross het ons op ‘n hele hoop ‘Christelike’ produkte afgekom, so sonder om te lank te draai hier is die (cue vocal reverb en drumroll…):
9. Knopies met ‘n Bybel tema Al ooit gehoor van ‘wearing your faith on your sleeve’? Wel iemand het, en gedink ‘almal sê dit, maar niemand doen dit nie!’ Nou kan jy met BadgeBoy Produkte se nuwe “Knopies met ‘n Bybel tema”.
Om die waarheid te sê, ek is nie heeltemal seker wie dit sal koop nie. My ondervinding in die wêreld van bemarking sê vir my dis Christelike fanatikuste, maar selfs daaroor is ek nie seker nie.
Met ‘knopies’ wat arbritrêre dog stereotipiese boodskappe dra soos “Bybelstudie” en kommerwekkende “He touched me” is die ding wat dit ‘n uiteindelike flop maak die feit dat jy dit nie eens die opsie het om dit te bestel nie.
Priceless.
8. Crusader pajamas Kry jy ooit daai gevoel jy doen nie genoeg vir Christenskap nie? Dalk droom jy ander gelowe neem die wêreld oor. Wel, nie meer nie!
Dit gaan dalk nie vir jou pas nie maar ten minste sal jou kinders dit kan dra en die Christelike stempel in hul drome, in die middle ages plaas. En boonop sal die bed bugs nooit byt nie.
7. In-vlug etes op Alaska Airlines Nes pop-up advertensies en flyers in my kar se venster, vind ek Bybelversies op alledaagse produkte partymaal nogal intrusive… en somtyds bietjie eerie daarby.
As jy ooit die geleentheid het om Alaska Airlines te vlieg sal jy sien daar het meer as net ‘n gewoel en gewerskaf in die in-flight meal… met ‘n kaartjie wat net mooi glad nie sin maak nie.
6. Joshua and the battle of Jericho Komper speletjie Hierdie is nie net ‘n game nie. Nee. Jy’s Joshua en moet die Israeliete na die beloofde land van God lei; en dit als vir slegs $5.95. Kan enigeiets cooler wees as dit?
Seker die feit dat dit selfs beskikbaar is vir Sega Megadrive, Nintendo Game Boy en Atari. Wow.
5. Pamflette vir die Christelike Lektuur Fonds Imagine gou iemand wat jy goed ken lig die elmboog op ‘n gereelde basis en jy’t besluit om iets daaraan te doen. Maar hoe? Kry so 150 “Alkohol – Iemand na aan my drink te veel – wat nou?” pamflette en los dit regoor die persoon se huis. Ok dis nie waarvoor dit bedoel is nie…
4. Believe in God spray Hierdie moet ‘n joke wees. Of ‘n joke, of ‘n absolute rip-off. Koop vir jou een, hier!
3. Christian bumper stickers Bumper stickers suck al klaar, maar hoe kan ons dit nog baie, baie erger maak? Maklik! Dink aan ‘n hele rits van die mees onoorspronklike boodskappe in die wêreld ooit, en verkoop dit! Nie net sal dit baie mense se bumper-fix-of-the-day wees nie, maar dit sal selfs al die ander mense op aarde so erg irriteer dat hulle vir die volgende twee sondae moeiliker sal opstaan om kerk toe te gaan.
2. Jurie Els gospel album… en VELE MEER! Mens hoef nie te veel te sê oor hoekom hierdie album net ‘n stappie te vêr is nie.
Volgens Kalahari.net het "EK HOOR AS U ROEP en K-K-KYK NA MY albei goue status behaal, terwyl VERBLY JOU IN DIE HERE byna goue status behaal het."
1. Benny Hinn Obviously sou Benny nommer een maak. Come on. Wie dan anders?
Die David Copperfield van Christenskap. Ou Benny is ‘n masjien as hy op sy kruistogte Afrika toe kom. Vele was al glo van VIGS en kanker genees deur Benny.
Wow! Ons was verskriklik lank weg... maar nou is ons weer terug.
Ons het die keer 'n regte gem op die internet ontdek. Letterlik. Hierdie keer is dit die (on)gelooflike entrepreneuriese 'aha' oomblik van iemand wat duidelik voel dat daar nog nie genoeg geld gemaak is uit die Onse Vader uit nie. Check gou die video, dan gesels ons verder
Basies is dit 'n kruis gemaak van 'sterling silver' en 'genuine crystal', maar wat dit 'astonishing' (woord uit die ad uit) is dat dit actually die Onse Vader binne in het. As jy die kruisie ophou teen die lig kan jy elke woord sien.
Kyk, point taken. Ek's seker baie mense sal van dit hou, en daar is sekerlik nie iets fout met dié wat hulle hard-earned cash belê in 'n Prayer Cross nie. Die probleem vir my kom in dat dit 'n uitbuiting is van iets wat (excuse the pun) na aan baie van ons harte is.
Wat my ook bug is die feit dat hulle mens afrip. As jy gaan na www.prayercross.com, kyk na hierdie ad hier onder...
...nou hoekom op aarde moet mens 2 paaiemente van $19.99 maak? Rip off. En om selling points te gebruik soos "one of a kind spiritual accessory", "the entire Lord's prayer becomes instantly and almost miraculously visible" en "astonish those who see the hidden prayer inside".
Die Braveheart-esque musiek, die meisie met die rooi hare wat byna omval na sy sien sy kry 'n Prayer Cross en die feit dat dit applicable is tot net mooi enige Christelike vakansiedag... jip, hierdie is 'n rip-off met 'n certificate of authenticity.
Hierdie een uit ‘n bietjie meer van ‘n local geweste.
Hierdie maand het Lux Verbi klomp kinderhuise besoek en hul dag gemaak deur op te team met… wait for it… Robbie Wessels.
Ja, die ster van vele shows en films het vir die Christelike uitgewersmaatskappy gehelp om die kinders te leer dat dwelmmiddels nie reg is nie (mkay).
Dit klink als goed en wel en definitief iets wat baie nodig is, maar volgens een berig wat ek gelees het in MyWeek het Robbie blykbaar vir hulle die notorious “Leeu Loop” geleer. Was dit dan nie die dans wat baie Christengemeenskappe up-in-arms gehad het ‘n jaar of wat terug nie?
Dit voel net so bietjie vir my soos om vir Eddie Ecksteen te vra om spreekspersoon te word vir Bio-Slim.
Dit is die vraag wat voor 'n klein kerk in Jonesville, South Carolina, VSA, gestaan het, en wat groot kontroversie veroorsaak het.
Pastoor Roger Byrd het gese hy wou mense aan die dink kry, toe sit hy die boodskap op die kennisgewingbord voor die Jonesville Church of God.
Die boodskap lui: "OBAMA OSAMA HUMM(sic) ARE THEY BROTHERS".
Byrd het gesê die boodskap is nie bedoel om rassisties of polities te wees nie.
"Dit is eenvoudig om mense te laat agterkom en te sien wat moontlik kan gebeur as ons iemand daar binne kry (as president van Amerika in die Whitehouse), wat nie in Jesus Christus glo nie," het hy gesê.
Toe Byrd gevra is of hy glo Obama 'n Moslem is, het hy geantwoord: "Ek weet nie. Sien, dit vra 'n vraag: Is hulle broers? In ander woorde, is hy 'n Moslem? Ek weet nie. Hy sê hy is nie. Ek hoop hy is nie, maar ek weet nie. En dit is net iets om mense se verstande 'n bietjie te roer. Dit was nooit bedoel om iemand se gevoelens seer te maak of te offend nie."
Obama het herhalend gedurende sy veldtog om die presidentskap gesê hy is 'n Christen en gaan kerk by die Trinity United Church of Christ in Chicago.
Ten spyte van kritiek, het Byrd gesê die boodskap sal op die bord bly. Hy het die saak met die gemeente bespreek en hulle het besluit om dit daar te hou.
Byrd was toe vorseer om die boodskap te verwyder nadat die kerk honderde klagtes gekry het.
Die boodskap is vervang met die vraag: "HOW WILL YOU SPEND ETERNITY, SMOKING OR NO SMOKING"
Die ‘British Humanist Association’ (BHA) het onlangs advertensies op Londonse busse begin plaas wat sê “There’s probably no God. Now stop worrying and enjoy your life”.
Vir baie Christene kan dit nogal oorkom as ‘n shocker van ‘n ad. Om dinge bietjie aan te vuur het Washington DC ook nou sy eie weergawe gekry, wat sê “Why believe in a god? Just be good for goodness’ sake”.
Die een in DC is gefund deur die American Humanist Association wat ongeveer R420 000 in hierdie campaign ingepomp het, blykbaar “because there are an awful lot of agnostics, atheists and other types of non-theists who feel a little alone during the holidays because of its association with traditional religion.
Al wat ek kan sê is ag asseblief. Ek weet hierdie gaan ongelooflik biased oorkom deur uit ‘n Christelike oogpunt te comment op iets wat te doene het met atheïsme, maar genugtig, surely kan mens ‘n beter objective vir ‘n campaign kry as dit. Daar’s soveel meer ernstige issues waarmee AHA en BHA kan deal as om vir die wat nie in God glo nie ook spesiaal te laat voel oor die festive season.
Die enigste ding wat die veldtog goed laat lyk was die American Family Association se antwoord op die advertensie, waar ‘n verteenwoordiger gesê het “it’s a stupid ad”. En ‘n stupid response as jy my vra.
Vir die wat nog nie weet nie, Barack Obama is gister (4 November) as die 44ste president van Amerika verkies. 'n Paar ure nadat Obama as die president aangewys is, het rapper Will.i.am, van Black Eyed Peas roem, aangekondig dat hy 'n nuwe lied en musiekvideo gaan vrystel om Obama se White House wen te merk.
Will.i.am het verkiesngaand spandeer om die finale weergawe van die lied, It's a New Day, te edit. Die lied gaan sy internet debuut Woensdag op Dipdive.com maak.
Hy het gesê, "The whole thing is really for people to leave testimonials... to create a page and leave testimonials on how they feel about this American accomplishment."
Ek wonder of iemand 'n lied gaan skryf en 'n musiekvideo gaan maak oor ons volgende president.
'n Radiostasie in St. Louis, Missouri, VSA, het hierdie naweek die oorgang gamaak om 24/7 slegs Kersliedjies te speel.
Die oorgang is met gemengde gevoelens ontmoet, maar die stasie se programdirekteur sê Kersliedjies is populêr, selfs al is dit so vroeg in die seisoen.
As ek so na die stasie se Wikipedia inskrywing kyk, wil dit vir my voorkom asof die stasie 'n bietjie van 'n identiteiskrisis ondergaan. Eers was hulle 'n kontemporêre radiostasie, Movin101.1, toe word hulle nou Christmas 101.1, met die slogan: 101.1 is your Holiday Station en die stasie beplan om vroeg 2009 'n 24/7 sportstasie te word.
Buiten die feit dat die stasie 'n identiteitskrisis het, voel ek dis net so effens vroeg vir Kersliedjies, nie eers te praat van 24/7 Kersliedjies nie.
Dis Sondagmiddag 15:30 in Hartenbos. Ma en pa lê en slaap in die karavaan terwyl jy die sein probeer in tune op die draagbare TV. Net soos jy dit regkry om uiteindelik die buitelyne van Loftus Versfeld in die fuzzy sneeu uit te maak hoor jy die onmiskenbare geluid van die Salvation army. Enigste ding is, hierdie keer is daar geen bandlede wat vra vir geld nie.
Nee. Dit is jou buurman wat die Christelike blaasorkes top volume uit sy nuwe 3-disc changer speel, aangesien die Salvation army ‘n R15m record deal met Universal aangegaan het. R15m!
Die album se naam is “Together” en Universal, dieselfde label wat acts soos Amy Winehouse en Eminem gesign het (ironies?) hoop dat dit nommer een sal haal.
So moenie die Salvation Army hierdie vakansie afknou nie… dis dalk ‘n lid wat in die karavaan langs jou biltong sny en Bok van Blerk luister.
Potchefstroom punk progressive people Straatligkinders bring ‘n nuwe album uit – due 3 November. Sweef soos ‘n vuishou behoort ‘n goeie addition tot hul repertoire van ‘n EP en een vollengte album te wees.
Op hul promo vid wat lyk of dit by ‘n mall se McD’s geneem is (check dit hier uit) sê frontman Bouwer Bosch “dis glad nie geweldadig nie, dis meer patrioties; oor wat jy glo en wat cool en reg is.” Interesting.
Ek’t oorgewandel na hul MySpace page toe (wandel jy ook maar daarna toe) waar die eerste single, “D vir dans, L vir leuens” opgelaai is. Dit klink of die band meer in ‘n indie rigting beweeg as ek so luister, maar om ‘n album se sound te judge op een song is redelik baie gevra.
Hou hierdie spasie dop vir verdere inligting. Hopelik kry ons ‘n gratis kopie… skimp skimp. Toe nou Bouwer. Hier’s ons posadres details vir ingeval:
Posbus 15781 Vlaeberg 8018
Ek het baie hard probeer om 'n image van die album te kry maar die beste wat ek kon doen was...
Hoewel dit nogal scary is om te kyk wat aangaan in die Amerikaanse ekonomie, is dit op ‘n manier interessant om te sien hoe dit pretty much elke faset van ons alledaagse lewens raak.
Selfs kerke voel die pyn… ‘n onlangse poll gedoen deur Church Marketing Sucks het vasgestel dat kollekte by 32% van kerke gedaal het en dat daar ‘n paar verkleinings aan begrotings gemaak is.
Ons is nie heeltemal seker of dit aan die gang is by die NG Kerk nie, alhoewel dinge ook maar swaar-dra gaan in die SA ekonomie op die oomblik.
Koop nou jou kaartjies vir die Hillsong SA Toer 2008 voor dit uitverkoop word! Alle kaartjies kan ook by jou naaste CUM Boekwinkel gekoop word.
Kaartjies is was by meeste plekke R50 vir general admission en R80 vir Jump Zone, maar pryse het nou by meeste opgegaan na tussen R60 en R100 vir general admission en R120 vir Jump Zone.
Straight outta Parow kom die sienings van 'n klompie jongmense, meer kontroversiëel as die mullet en minder arrogant as Kanye West. Van Daantjie Kat tot Danny K kyk ons na die dinge wat saakmaak uit die oogpunt van lede van die NeoGen jeugbediening in Kaapstad.