Thursday, June 11, 2009

Die "Glinsterende Kruis" Awards 2009

Daar is baie mense wat al die glinster in die kruis gesien het… jy weet, daai glansryke geleentheid om geld te maak uit geloof. Ons by die SkaatsCast kom deesdae al hoe meer af op voorbeelde van dit.

Ek dink dis hoog tyd vir ‘n top 10; in fact, ek kan amper nie glo ons het nog nie so iets op die blog gehad nie! Maar ons doen dinge anders hier... so hier onder is die top 9 voorbeelde van Christelike produkte en dienste wat of ‘n regte rip-off is, of net regtig sleg uitgevoer is.

Na die verlede post oor die Prayer Cross het ons op ‘n hele hoop ‘Christelike’ produkte afgekom, so sonder om te lank te draai hier is die (cue vocal reverb en drumroll…):

9. Knopies met ‘n Bybel tema
Al ooit gehoor van ‘wearing your faith on your sleeve’? Wel iemand het, en gedink ‘almal sê dit, maar niemand doen dit nie!’ Nou kan jy met BadgeBoy Produkte se nuwe “Knopies met ‘n Bybel tema”.



Om die waarheid te sê, ek is nie heeltemal seker wie dit sal koop nie. My ondervinding in die wêreld van bemarking sê vir my dis Christelike fanatikuste, maar selfs daaroor is ek nie seker nie.

Met ‘knopies’ wat arbritrêre dog stereotipiese boodskappe dra soos “Bybelstudie” en kommerwekkende “He touched me” is die ding wat dit ‘n uiteindelike flop maak die feit dat jy dit nie eens die opsie het om dit te bestel nie.

Priceless.

8. Crusader pajamas
Kry jy ooit daai gevoel jy doen nie genoeg vir Christenskap nie? Dalk droom jy ander gelowe neem die wêreld oor. Wel, nie meer nie!

Dit gaan dalk nie vir jou pas nie maar ten minste sal jou kinders dit kan dra en die Christelike stempel in hul drome, in die middle ages plaas. En boonop sal die bed bugs nooit byt nie.

7. In-vlug etes op Alaska Airlines
Nes pop-up advertensies en flyers in my kar se venster, vind ek Bybelversies op alledaagse produkte partymaal nogal intrusive… en somtyds bietjie eerie daarby.

As jy ooit die geleentheid het om Alaska Airlines te vlieg sal jy sien daar het meer as net ‘n gewoel en gewerskaf in die in-flight meal… met ‘n kaartjie wat net mooi glad nie sin maak nie.

6. Joshua and the battle of Jericho Komper speletjie
Hierdie is nie net ‘n game nie. Nee. Jy’s Joshua en moet die Israeliete na die beloofde land van God lei; en dit als vir slegs $5.95. Kan enigeiets cooler wees as dit?

Seker die feit dat dit selfs beskikbaar is vir Sega Megadrive, Nintendo Game Boy en Atari. Wow.

5. Pamflette vir die Christelike Lektuur Fonds
Imagine gou iemand wat jy goed ken lig die elmboog op ‘n gereelde basis en jy’t besluit om iets daaraan te doen. Maar hoe? Kry so 150 “Alkohol – Iemand na aan my drink te veel – wat nou?” pamflette en los dit regoor die persoon se huis.
Ok dis nie waarvoor dit bedoel is nie…

4. Believe in God spray
Hierdie moet ‘n joke wees. Of ‘n joke, of ‘n absolute rip-off. Koop vir jou een, hier!


3. Christian bumper stickers
Bumper stickers suck al klaar, maar hoe kan ons dit nog baie, baie erger maak? Maklik! Dink aan ‘n hele rits van die mees onoorspronklike boodskappe in die wêreld ooit, en verkoop dit! Nie net sal dit baie mense se bumper-fix-of-the-day wees nie, maar dit sal selfs al die ander mense op aarde so erg irriteer dat hulle vir die volgende twee sondae moeiliker sal opstaan om kerk toe te gaan.


2. Jurie Els gospel album… en VELE MEER!
Mens hoef nie te veel te sê oor hoekom hierdie album net ‘n stappie te vêr is nie.

Volgens Kalahari.net het "EK HOOR AS U ROEP en K-K-KYK NA MY albei goue status behaal, terwyl VERBLY JOU IN DIE HERE byna goue status behaal het."

Wat's met die CAPS?
Koop jou eie kopie, hier!

1. Benny Hinn
Obviously sou Benny nommer een maak. Come on. Wie dan anders?

Die David Copperfield van Christenskap. Ou Benny is ‘n masjien as hy op sy kruistogte Afrika toe kom. Vele was al glo van VIGS en kanker genees deur Benny.



Whataboikie.

2 comments:

UnklPhil said...

Of wat van Lookin Good for Jesus Lip Balm in Virtuous Vanilla geur, of Wash Away Your Sins Lip Balm "For the sinner on the go!"

Ben said...

haha

Dit is n goeie een