Tuesday, May 12, 2009

Kruis my hart...

Wow! Ons was verskriklik lank weg... maar nou is ons weer terug.

Ons het die keer 'n regte gem op die internet ontdek. Letterlik. Hierdie keer is dit die (on)gelooflike entrepreneuriese 'aha' oomblik van iemand wat duidelik voel dat daar nog nie genoeg geld gemaak is uit die Onse Vader uit nie. Check gou die video, dan gesels ons verder



Basies is dit 'n kruis gemaak van 'sterling silver' en 'genuine crystal', maar wat dit 'astonishing' (woord uit die ad uit) is dat dit actually die Onse Vader binne in het. As jy die kruisie ophou teen die lig kan jy elke woord sien.

Kyk, point taken. Ek's seker baie mense sal van dit hou, en daar is sekerlik nie iets fout met dié wat hulle hard-earned cash belê in 'n Prayer Cross nie. Die probleem vir my kom in dat dit 'n uitbuiting is van iets wat (excuse the pun) na aan baie van ons harte is.

Wat my ook bug is die feit dat hulle mens afrip. As jy gaan na www.prayercross.com, kyk na hierdie ad hier onder...

...nou hoekom op aarde moet mens 2 paaiemente van $19.99 maak? Rip off. En om selling points te gebruik soos "one of a kind spiritual accessory", "the entire Lord's prayer becomes instantly and almost miraculously visible" en "astonish those who see the hidden prayer inside".

Die Braveheart-esque musiek, die meisie met die rooi hare wat byna omval na sy sien sy kry 'n Prayer Cross en die feit dat dit applicable is tot net mooi enige Christelike vakansiedag... jip, hierdie is 'n rip-off met 'n certificate of authenticity.

No comments: