Thursday, November 20, 2008

Maak soos 'n leeu en brul - as jy wil

Hierdie een uit ‘n bietjie meer van ‘n local geweste.

Hierdie maand het Lux Verbi klomp kinderhuise besoek en hul dag gemaak deur op te team met… wait for it… Robbie Wessels.

Ja, die ster van vele shows en films het vir die Christelike uitgewersmaatskappy gehelp om die kinders te leer dat dwelmmiddels nie reg is nie (mkay).

Dit klink als goed en wel en definitief iets wat baie nodig is, maar volgens een berig wat ek gelees het in MyWeek het Robbie blykbaar vir hulle die notorious “Leeu Loop” geleer. Was dit dan nie die dans wat baie Christengemeenskappe up-in-arms gehad het ‘n jaar of wat terug nie?

Dit voel net so bietjie vir my soos om vir Eddie Ecksteen te vra om spreekspersoon te word vir Bio-Slim.

1 comment:

Ben said...

Wel...ek was al meer as een keer by die kerk toe ek vir Robbie daar sien aankom.