Thursday, November 20, 2008

Obama, Osama, hmm, is hulle broers?

Dit is die vraag wat voor 'n klein kerk in Jonesville, South Carolina, VSA, gestaan het, en wat groot kontroversie veroorsaak het.

Pastoor Roger Byrd het gese hy wou mense aan die dink kry, toe sit hy die boodskap op die kennisgewingbord voor die Jonesville Church of God.

Die boodskap lui: "OBAMA OSAMA HUMM(sic) ARE THEY BROTHERS".

Byrd het gesê die boodskap is nie bedoel om rassisties of polities te wees nie.

"Dit is eenvoudig om mense te laat agterkom en te sien wat moontlik kan gebeur as ons iemand daar binne kry (as president van Amerika in die Whitehouse), wat nie in Jesus Christus glo nie," het hy gesê.

Toe Byrd gevra is of hy glo Obama 'n Moslem is, het hy geantwoord: "Ek weet nie. Sien, dit vra 'n vraag: Is hulle broers? In ander woorde, is hy 'n Moslem? Ek weet nie. Hy sê hy is nie. Ek hoop hy is nie, maar ek weet nie. En dit is net iets om mense se verstande 'n bietjie te roer. Dit was nooit bedoel om iemand se gevoelens seer te maak of te offend nie."

Obama het herhalend gedurende sy veldtog om die presidentskap gesê hy is 'n Christen en gaan kerk by die Trinity United Church of Christ in Chicago.

Ten spyte van kritiek, het Byrd gesê die boodskap sal op die bord bly. Hy het die saak met die gemeente bespreek en hulle het besluit om dit daar te hou.

Byrd was toe vorseer om die boodskap te verwyder nadat die kerk honderde klagtes gekry het.

Die boodskap is vervang met die vraag: "HOW WILL YOU SPEND ETERNITY, SMOKING OR NO SMOKING"

No comments: