Thursday, November 13, 2008

Just be good for goodness' sake

Die ‘British Humanist Association’ (BHA) het onlangs advertensies op Londonse busse begin plaas wat sê “There’s probably no God. Now stop worrying and enjoy your life”.

Vir baie Christene kan dit nogal oorkom as ‘n shocker van ‘n ad. Om dinge bietjie aan te vuur het Washington DC ook nou sy eie weergawe gekry, wat sê “Why believe in a god? Just be good for goodness’ sake”.

Die een in DC is gefund deur die American Humanist Association wat ongeveer R420 000 in hierdie campaign ingepomp het, blykbaar “because there are an awful lot of agnostics, atheists and other types of non-theists who feel a little alone during the holidays because of its association with traditional religion.


Al wat ek kan sê is ag asseblief. Ek weet hierdie gaan ongelooflik biased oorkom deur uit ‘n Christelike oogpunt te comment op iets wat te doene het met atheïsme, maar genugtig, surely kan mens ‘n beter objective vir ‘n campaign kry as dit. Daar’s soveel meer ernstige issues waarmee AHA en BHA kan deal as om vir die wat nie in God glo nie ook spesiaal te laat voel oor die festive season.

Die enigste ding wat die veldtog goed laat lyk was die American Family Association se antwoord op die advertensie, waar ‘n verteenwoordiger gesê het “it’s a stupid ad”. En ‘n stupid response as jy my vra.

3 comments:

Anonymous said...

Leave them be. Dis hulle goeie reg om te dink God bestaan nie en dis jou goeie reg om hulle goeie reg te respekteer.

mrpookie said...

hey johan

eerstens baie dankie vir jou comment, ons waardeer dit regtig baie.

ek stem saam met jou ivm respek: respek teenoor ander gelowe en dit waarin mense glo is baie belangrik; in fact, dis crucial.

as jy weer die artikel lees sal jy sien ek kritiseer nie atheisme nie, maar die advertensieveldtog wat die skaatscast deem as iets wat 'n objektief het sonder om 'n regte punt te maak - met ander woorde 'n slegte advertensieveldtog; nes waspoeieradvertensies, fruit&veg city ads, en die lys gaan aan.

gaan bietjie deur van ons ander artikels en jy sal sien ons kyk na vele insidente, meeste van hulle wat christenskap aanbetref.

as jy kyk na die slotparagraaf van hierdie artikel sal jy sien dat ons die american family association, 'n konserwatiewe christengroep, ook bietjie uithaal.

maar nou ja. thanks weereens vir die comment!

Anonymous said...

Bedankt voor een interessante blog