Wednesday, October 08, 2008

Salvation Army kry 'n HUGE record deal

Dis Sondagmiddag 15:30 in Hartenbos. Ma en pa lê en slaap in die karavaan terwyl jy die sein probeer in tune op die draagbare TV. Net soos jy dit regkry om uiteindelik die buitelyne van Loftus Versfeld in die fuzzy sneeu uit te maak hoor jy die onmiskenbare geluid van die Salvation army. Enigste ding is, hierdie keer is daar geen bandlede wat vra vir geld nie.

Nee. Dit is jou buurman wat die Christelike blaasorkes top volume uit sy nuwe 3-disc changer speel, aangesien die Salvation army ‘n R15m record deal met Universal aangegaan het. R15m!

Die album se naam is “Together” en Universal, dieselfde label wat acts soos Amy Winehouse en Eminem gesign het (ironies?) hoop dat dit nommer een sal haal.

So moenie die Salvation Army hierdie vakansie afknou nie… dis dalk ‘n lid wat in die karavaan langs jou biltong sny en Bok van Blerk luister.

No comments: