Tuesday, October 14, 2008

Kerstyd in St. Louis alreeds?

'n Radiostasie in St. Louis, Missouri, VSA, het hierdie naweek die oorgang gamaak om 24/7 slegs Kersliedjies te speel.

Die oorgang is met gemengde gevoelens ontmoet, maar die stasie se programdirekteur sê Kersliedjies is populêr, selfs al is dit so vroeg in die seisoen.

As ek so na die stasie se Wikipedia inskrywing kyk, wil dit vir my voorkom asof die stasie 'n bietjie van 'n identiteiskrisis ondergaan. Eers was hulle 'n kontemporêre radiostasie, Movin 101.1, toe word hulle nou Christmas 101.1, met die slogan: 101.1 is your Holiday Station en die stasie beplan om vroeg 2009 'n 24/7 sportstasie te word.

Buiten die feit dat die stasie 'n identiteitskrisis het, voel ek dis net so effens vroeg vir Kersliedjies, nie eers te praat van 24/7 Kersliedjies nie.

No comments: