Thursday, April 05, 2007

Episode#21| Die Paasfees Episode

Dis weer sulke tyd... en ons het besluit wat is 'n Christelike podcast sonder 'n Kersfees episode?

Van vandag af is die SkaatsCast enhanced - menende dat jy nou op jou iPod kan kyk as ons verwys na iets spesifieks. Daar is ook ander goodies, soos chapters, wat dit vir jou makliker maak om dele te skip, indien jy nie hou van ons geselskap nie. Nee wag, klink my na 'n swak idee!

Dit is maar 'n doodgewone podcast, met Boredomkillers, SkaatsCast Nuus, E?Nuus en Villiers se feit. Ons bel ook 2 random luisteraars om uit te vind wat hulle dink van Paasfees - en albei verjaar heel toevallig! (nee, regtig, en ons het net geweet die een verjaar). So gepraat van verjaar, dis hierdie keer Emma se beurt om ouer te word - 'n volle 20 om die waarheid te se.


Die snaakste clip ooit! Amerikaners darem... Hierdie deelnemer aan American Idol het hard probeer. Seker te hard.




Ben het gepraat van 'n 'Beer Catapult'... Ons kon dit nie op YouTube vind nie, maar die persoon mag dalk deur hierdie Bud Light advertensie geinspireer wees.







Ondersteun Avaaz.org - gaan teken die petisie wat gaan daaroor om bewustheid te skep tussen mense en ons kultuurverskille. Ons almal is maar mense, of hoe?

Download die podcast vandag! Click op die links aan die regterkant van ons blog om by die nuutste episode uit te kom.

Sien julle almal die 8ste Mei!

1 comment:

Anonymous said...

Interesting to know.