Friday, June 16, 2006

WAT IS 'N PODCAST?

Die woord 'Podcasting' het ontstaan deur die twee woorde, 'iPod' en 'broadcasting' bymekaar te gooi. In veralgemeende vorm is dit min of meer wat 'n podcast is: 'n radio- of videoprogram wat uitgesaai word, en dan deur die luisteraar op sy/haar eie tyd geluister word.

Die probleem met die woord is dat mens nie noodwendig 'n iPod nodig het om 'n podcast te luister nie. Jy kan 'n podcast luister op enigeiets van 'n rekenaar tot jou selfoon. Die woor 'Podcast' is maar nog jonk en ontstaan slegs vanaf 2004.

So, hoekom moet JY belangstel in podcasts? Een van die hoofvoordele van podcasts is die feit dat jy dit kan luister waar en wanneer jy wil, soos 'n radio- of televisieprogram wat jy kan pause en play net soos jy lus kry. Daar is omtrent 'n podcast vir enigeiets waarin jy belang sou stel - van idees vir beter lewe tot jou gunsteling musiek.

Die Avonture van Skaats de Wet Podcast se hoofdoel is om JOU bloot te stel aan goeie Christelike musiek. Baie van ons is onder die wanindruk dat Christelike musiek bestaan uit die liedboek en old-school praise en worship musiek...en dit is GLAD nie die geval nie.

Daar is uitstekende bands wat te voorskyn kom, veral vanaf die VSA. In Suid Afrika is daar vreeslik min bands wat regtig goed is. Meeste van die bands is Engels en regtig regtig min van hulle is Afrikaans.

Join Skaats de Wet waar ons op 'n super mission gaan om goeie Christelike musiek te ontdek. As jy hou van rock musiek is die podcast regtig vir jou, want ons gaan kyk na die beste in post-punk, emo en goeie ou rock. Die eerste SkaatsCast sal binnekort beskikbaar wees vir download, maar tot dan, gaan check eers 'n paar podcasts uit en raak gewoond aan die medium wat dalk die manier wat jy na shows luister sal verander...

2 comments:

Anonymous said...

Ek is besig om na julle cast te luister - Ben, Steyn, Sybs en Wessel - neem asb Radio Tygerberg oor - ek soek 'n genuine goeie alternatief vir 5fm!
Alwyn

Anonymous said...

Ben, Steyn, Sybs en Wessel neem asb radio Tuygerberg oor - ek soek ernstig 'n alternatief vir 5fm!