Monday, September 14, 2009

Kanye doen dit weer by dié jaar se VMA's

Ons almal se gunsteling kort-van-draad rapper Kanye West het weer 'n groot bohaai opgeskop by die jaar se MTV Video Music Awards, en hy was nie eers genomineer vir die toekenning nie.

Ek weet nie of hy die keer weer ge-"sippy sippy" het nie, maar hy kon homself weer nie inhou toe Taylor Swift se "You Belong with Me" die beste Female Dance Video toekenning bo Beyoncé se "Single Ladies (Put a Ring On It)" gekry het nie.

Nadat dit aangekondig is dat me. Swift die toekenning gekry het, het Kanye haar gevolg na die verhoog en haar dankies kortgeknip deur die mikrofoon uit haar hand uit te neem en vir haar te sê: "Ek is baie bly vir jou, ek sal jou laat klaarmaak, maar Beyoncé het een van die beste video's van alle tye."

Kanye het toe die verhoog verlaat met boo's van die skare, terwyl me. Swift stil op die verhoog met haar toekenning staan.

Na dit is Kanye, in sy afwesigheid, geboo vir elke toekenning waarvoor hy genomineer is. Gelukkig vir die toekenningaanbieders het hy geen toekennings ontvang nie.

Beyoncé het later die aand die groot toekenning van Video of the Year gekry vir "Single Ladies" en vir me. Swift na die verhoog geroep om haar onderbroke speech klaar te maak.

Kanye het later op sy persoonlike blog om verskoning gevra vir sy optrede, en breek terselfde tyd die belangrikste netiket reel deur dit als in hoofletters te skryf: "I’M SOOOOO SORRY TO TAYLOR SWIFT AND HER FANS AND HER MOM. I SPOKE TO HER MOTHER RIGHT AFTER AND SHE SAID THE SAME THING MY MOTHER WOULD’VE SAID. SHE IS VERY TALENTED!"

Ek dink Kanye moet net ophou om 'n tantrum te gooi elke keer as iets nie volgens sy sin is nie.

No comments: