Monday, September 22, 2008

Farfour

Hierdie een is bietjie meer op 'n ernstige trant...

Ons was nou die dag besig om te werk op 'n idee vir Euro Disney. Soos dit enige noukeurige bemarker betaam doen ek toe bietjie ondersoek oor ou Mickey en kom toe af op 'n baie, BAIE (baie) counterable counter culture.

Blykbaar het die "Hamas" kanaal in Palestiniƫ 'n paar nie-so-PC-spoofs van Mickey gedoen, met die naam "Farfour". En get this: dis vir die laaities (ons praat van kinders wat veronderstel is om Hannah Montana en High School Musical te kyk).



Ontmoet Farfour; 'n blatante kopie van ou Mickey wat "relevante" topics soos die "Annihilation of the Jews", suicide bombings en the agterbaks-heid van die Jode bespreek. Jy weet. Jou average kinderprogram topics en issues.

Alle grappies op 'n stokkie, die show is hectic. As jy die video hier bo kyk en jy het saam met ons die nuwe Suid Afrika embrace sal jy most probably saamstem. Farfour is in alle respekte dit ultimate in "jy-mag-nie-daai-kanaal-kyk-nie-my-kind" TV. Dit is shocking dat iets soos dit aan kinders wat nie eens vir hulself kan besluit nie gewys word.

Phew. Daar's die ernstige topic van die maand.

No comments: