Na 'n baaaaaaaie lang tyd wat ons weg was, is ons weer terug!!! Maar...(dum dum dum)...dis die laaste episode tot die 8ste Mei. Ja, dis ongelukkig so...
Ja ons het besluit om 'n bietjie aandag aan die NeoGen jeugbediening en die praise & worship band te gee, bietjie te werk aan recordings en allerlei ander dinge. Een ding waaraan ons ook aandag gaan gee is natuurlik uitstekende content vir SkaatsCast Seisoen 4! (Dis nie 'n typo nie, ons gaan eers seisoen 4 doen, daarna seisoen 3 as 'n prequel. Ons het eerste daaraan gedink en toe steel Star Wars die idee by ons).
IN DIE EPISODE!
Boredomkillers:
Ons gesels oor al ons gunsteling musiek en movies, wat jy moet gaan uitcheck.
SkaatsCast Nuus:
'n Belgiese valskerm ongeluk (of was dit?); Philly se iPhone Update en Kerkbemarking - billboards wat opsprake maak. Hier volg 'n paar voorbeelde:
Featured Bands:
Straatligkinders... Jip, ons kan net nie genoeg van hierdie band kry nie (wie kan?) Check hulle music video uit op MK89. Gaan sommer nou.
Related... Heavier as gewoonlik, maar tog so goed. Gaan check hierdie nuwe local Christelike band uit by www.myspace.com/relatedband
Die Kys... Wow, hier's iets interessants aan die gang in Afrikaanse modern rock! Kyk ook uit vir Die Kys, bound om ver te gaan in Suid Afrika.
O en ons het 'n spesiale SkaatsCast song gerecord vir al ons luisteraars, so luister tot aan die heel einde van die podcast!
Saturday, February 10, 2007
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment