Tuesday, November 21, 2006

Episode#12 | SkaatsCast: Die Agteruit Edition

Photobucket - Video and Image Hosting

Ons is terug!

In hierdie aksiebelaaide episode speel ons nie net ongelooflike awesome musiek nie, maar ons gesels ook nonsense wat baie sense maak.

JY KAN 'THE EVERGLOW' VAN 'MAE' WEN - AFGELEWER BY JOU VOORDEUR! Al wat jy hoef te doen is luister na Episode 12 en laat weet vir ons die naam van die agtergrondmusiek wat ons agteruit speel. Email ons by skaatscast-at-gmail-dot-com of message ons op ons myspace profile, www.myspace.com/skaatscast.

Ons gesels oor die nuwe movie van Sascha Baron-Cohen, Borat! wat hierdie naweek uitgekom het by die bioskoop. Verder kyk ons ook na Kanye West se uitbarstings by die MTV European Music Awards en gesels oor die invloed van Pornografie in Suid Afrika op die jeug.

Ons stel ook 'n nuwe seksie aan ons show voor: "Vra die Dominee". Al wat ons van JOU vra is om vir ons 'n vraag te stuur...enigeiets, hoe moeiliker, hoe beter! Dan sal ons in ons volgende episode vir Alwyn, die jeugdominee by NeoGen: Kerk vir 'n Nuwe Generasie skakel en hy sal jou vraag probeer beantwoord.

BANDS GEFEATURE:
- Straatligkinders: Awesome nuwe band vanaf Potchefstroom. Gaan check hulle sommer vandag nog uit!
- The Almost: 'n Side project van Aaron Gillespie, drummer van Underoath. Hy het al die songs geskryf en speel al die instrumente op die album en sing ook.
- mewithoutYou: Thanks aan Nadia wat die uitstekende band gerecommend het. Baie oorspronklik en definitief die moeite werd om uit te check.
- Mae: Jip! Dis die een wat jy kan wen! Ons skop af met 'n song genaamd 'Suspension'. Super cool band en JY kan die eienaar wees van hierdie ongelooflike album!

No comments: