Monday, October 30, 2006

Episode#11 | The Skaatselorette

Welkom by die realiteitstelevisie episode, waar ons bietjie kyk na die (on)oorspronklike programme wat op die oomblik daarbuite is.

Ons is op die oomblik besig om bietjie te eksperimenteer met 'n paar idees vir die show, net om te kyk wat vloei die lekkerste... daarom het ons die volgende seksies aangebring:

SkaatsCast Gids tot Boredomkillers
Kom nou, ons almal weet dat verveeldheid jou in die moeilikheid bring, en daarom lig ons jou in oor die heel beste, mees vermaaklike stuff daar buite. In hierdie episode gesels ons oor Firefox, Survivor SA en als wat by die bioskoop oopgemaak het die naweek.


Johan (van NeoGen DSG en Omgekeer) het ons vergesel op Episode#11.


Omgekeer is die HEEL eerste non-Christian band wat ons feature, maar dit was slegs 'n uitsondering om vir Johan tuis te laat voel... en omdat dit 'n awesome band is. Gaan check hulle gerus uit en maak seker jy ondersteun hulle!


Dating Delilah is 'n band van Seattle, Washington af. Hulle is baie melodic en lekker om na te luister, maar nie te poppy nie. Hulle het onlangs van hulle materiaal vrygestel vir download, so maak seker jy gaan maak 'n draai by hullle myspace.


Een van my gunsteling bands op die oomblik... Kids in the Way het al 'n paar CD's vrygestel, so hou gerus 'n ogie oop as jy in jou naaste musiekwinkel is.


TMR is 'n uitstekende band uit Pretoria uit. Dis nie noodwendig presies die tipe musiek wat jy gewoonlik kan verwag op die SkaatsCast nie, maar dit is wel werd om gespeel te word. Om hulle nuutste song te download en vir The Metanoya Rockonfusion te ondersteun, regs-click op die boonste prentjie en download NOU hul song!

Laat ons weet wat jy dink oor die show se improved setup, hoop jy hou daarvan!

No comments: