So Steyn, Emma, Villiers en Ben het bietjie bymekaar gekom vir hierdie 'acoustic covers' episode van die SkaatsCast, en ons het so 'n bietjie die resep verander en nuwe segments vir die show ingestel. Indien julle enige voorstelle het of dalk net iets op die hart het, gaan join sommer vandag die SkaatsCast Forums, [eerste 2 joiners kry moderator rights... hint, hint!]
Ons gesels in hierdie pumping episode van:

Ons het onlangs vir al ons luisteraars op MySpace gevra wat vir hulle die irriterendste ding op MySpace is, en dit wil vir ons voorkom of almal MySpace haat. Tog groei MySpace daagliks by die duisende... en as jy nie deel is nie, word deel en word ons vriend! =]
Verder gesels ons oor Blogging, wat volgens 'n Evangeliese kerk in Amerika "unChristian" is. Jesus het ook die MySpace gemeenskap gejoin en ons praat oor SMSe van God af.
Dan praat ons ook in die SkaatsCast Boredom Killers oor 'Saw III' wat binnekort uitkom. Steyn het genoem dat hy gehoor het die posters vir die fliek is geprint met regte bloed... dit klink baie betwyfelbaar, maar gaan kyk na HIERDIE SITE en besluit vir jouself!
'n Interessante band om na te gaan luister is Blue October. Jy kan na hulle gaan luister by www.myspace.com/blueoctober.
Gaan Subscribe deur iTunes en doen jouself en ons 'n guns... Jy kry die nuutste episode DIREK op jou rekenaar en ons ratings word opgestoot! Jy moet obviously iTunes op jou rekenaar he - download dit hier.
Moenie vergeet om vir jou gunsteling band te vote vir die SkaatsCast Super Duper Uber Eerste Seisoen Finale Extravaganza Spectacular nie! JY bepaal wie wen, so stem vandag nog!
SKAATSCAST SONGS:

www.relientk.com
www.myspace.com/relientk
www.purevolume.com/relientk
Awesome weergawe van die oorspronklike song, definitief 'n uitstekende band om uit te check.

www.anberlin.com
www.myspace.com/anberlin
www.purevolume.com/anberlin
Gaan vandag nog na Anberlin se PureVolume site toe en gaan download 'A day late' - die oorspronklike en acoustic weergawes - verniet!

Iron & Wine - Such Great Heights (Postal Service Cover)
Op die oomblik het ons nie die kontakbesonderhede vir Iron & Wine nie, so dit sal seker die beste wees as jy dit google...

Obadiah Parker - Hey Ya! (Outkast Cover)
www.obadiahparker.com
www.myspace.com/obadiahparker
Sekerlik een van die beste covers wat ons in 'n baaaaie lang tyd gehoor het. Check die video uit hier onder...
No comments:
Post a Comment