Tuesday, May 12, 2009

Kruis my hart...

Wow! Ons was verskriklik lank weg... maar nou is ons weer terug.

Ons het die keer 'n regte gem op die internet ontdek. Letterlik. Hierdie keer is dit die (on)gelooflike entrepreneuriese 'aha' oomblik van iemand wat duidelik voel dat daar nog nie genoeg geld gemaak is uit die Onse Vader uit nie. Check gou die video, dan gesels ons verder



Basies is dit 'n kruis gemaak van 'sterling silver' en 'genuine crystal', maar wat dit 'astonishing' (woord uit die ad uit) is dat dit actually die Onse Vader binne in het. As jy die kruisie ophou teen die lig kan jy elke woord sien.

Kyk, point taken. Ek's seker baie mense sal van dit hou, en daar is sekerlik nie iets fout met dié wat hulle hard-earned cash belê in 'n Prayer Cross nie. Die probleem vir my kom in dat dit 'n uitbuiting is van iets wat (excuse the pun) na aan baie van ons harte is.

Wat my ook bug is die feit dat hulle mens afrip. As jy gaan na www.prayercross.com, kyk na hierdie ad hier onder...

...nou hoekom op aarde moet mens 2 paaiemente van $19.99 maak? Rip off. En om selling points te gebruik soos "one of a kind spiritual accessory", "the entire Lord's prayer becomes instantly and almost miraculously visible" en "astonish those who see the hidden prayer inside".

Die Braveheart-esque musiek, die meisie met die rooi hare wat byna omval na sy sien sy kry 'n Prayer Cross en die feit dat dit applicable is tot net mooi enige Christelike vakansiedag... jip, hierdie is 'n rip-off met 'n certificate of authenticity.

Friday, December 26, 2008

Geseënde Kersfees en 'n voorspoedige Nuwe Jaar

Ek wil graag namens almal hier by die SkaatsCast vir julle 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige nuwe jaar toewens.

Thursday, November 20, 2008

Maak soos 'n leeu en brul - as jy wil

Hierdie een uit ‘n bietjie meer van ‘n local geweste.

Hierdie maand het Lux Verbi klomp kinderhuise besoek en hul dag gemaak deur op te team met… wait for it… Robbie Wessels.

Ja, die ster van vele shows en films het vir die Christelike uitgewersmaatskappy gehelp om die kinders te leer dat dwelmmiddels nie reg is nie (mkay).

Dit klink als goed en wel en definitief iets wat baie nodig is, maar volgens een berig wat ek gelees het in MyWeek het Robbie blykbaar vir hulle die notorious “Leeu Loop” geleer. Was dit dan nie die dans wat baie Christengemeenskappe up-in-arms gehad het ‘n jaar of wat terug nie?

Dit voel net so bietjie vir my soos om vir Eddie Ecksteen te vra om spreekspersoon te word vir Bio-Slim.

Obama, Osama, hmm, is hulle broers?

Dit is die vraag wat voor 'n klein kerk in Jonesville, South Carolina, VSA, gestaan het, en wat groot kontroversie veroorsaak het.

Pastoor Roger Byrd het gese hy wou mense aan die dink kry, toe sit hy die boodskap op die kennisgewingbord voor die Jonesville Church of God.

Die boodskap lui: "OBAMA OSAMA HUMM(sic) ARE THEY BROTHERS".

Byrd het gesê die boodskap is nie bedoel om rassisties of polities te wees nie.

"Dit is eenvoudig om mense te laat agterkom en te sien wat moontlik kan gebeur as ons iemand daar binne kry (as president van Amerika in die Whitehouse), wat nie in Jesus Christus glo nie," het hy gesê.

Toe Byrd gevra is of hy glo Obama 'n Moslem is, het hy geantwoord: "Ek weet nie. Sien, dit vra 'n vraag: Is hulle broers? In ander woorde, is hy 'n Moslem? Ek weet nie. Hy sê hy is nie. Ek hoop hy is nie, maar ek weet nie. En dit is net iets om mense se verstande 'n bietjie te roer. Dit was nooit bedoel om iemand se gevoelens seer te maak of te offend nie."

Obama het herhalend gedurende sy veldtog om die presidentskap gesê hy is 'n Christen en gaan kerk by die Trinity United Church of Christ in Chicago.

Ten spyte van kritiek, het Byrd gesê die boodskap sal op die bord bly. Hy het die saak met die gemeente bespreek en hulle het besluit om dit daar te hou.

Byrd was toe vorseer om die boodskap te verwyder nadat die kerk honderde klagtes gekry het.

Die boodskap is vervang met die vraag: "HOW WILL YOU SPEND ETERNITY, SMOKING OR NO SMOKING"

Thursday, November 13, 2008

Just be good for goodness' sake

Die ‘British Humanist Association’ (BHA) het onlangs advertensies op Londonse busse begin plaas wat sê “There’s probably no God. Now stop worrying and enjoy your life”.

Vir baie Christene kan dit nogal oorkom as ‘n shocker van ‘n ad. Om dinge bietjie aan te vuur het Washington DC ook nou sy eie weergawe gekry, wat sê “Why believe in a god? Just be good for goodness’ sake”.

Die een in DC is gefund deur die American Humanist Association wat ongeveer R420 000 in hierdie campaign ingepomp het, blykbaar “because there are an awful lot of agnostics, atheists and other types of non-theists who feel a little alone during the holidays because of its association with traditional religion.


Al wat ek kan sê is ag asseblief. Ek weet hierdie gaan ongelooflik biased oorkom deur uit ‘n Christelike oogpunt te comment op iets wat te doene het met atheïsme, maar genugtig, surely kan mens ‘n beter objective vir ‘n campaign kry as dit. Daar’s soveel meer ernstige issues waarmee AHA en BHA kan deal as om vir die wat nie in God glo nie ook spesiaal te laat voel oor die festive season.

Die enigste ding wat die veldtog goed laat lyk was die American Family Association se antwoord op die advertensie, waar ‘n verteenwoordiger gesê het “it’s a stupid ad”. En ‘n stupid response as jy my vra.

Wednesday, November 05, 2008

Will.i.am stel Obama-lied vry

Vir die wat nog nie weet nie, Barack Obama is gister (4 November) as die 44ste president van Amerika verkies. 'n Paar ure nadat Obama as die president aangewys is, het rapper Will.i.am, van Black Eyed Peas roem, aangekondig dat hy 'n nuwe lied en musiekvideo gaan vrystel om Obama se White House wen te merk.

Will.i.am het verkiesngaand spandeer om die finale weergawe van die lied, It's a New Day, te edit. Die lied gaan sy internet debuut Woensdag op Dipdive.com maak.

Hy het gesê, "The whole thing is really for people to leave testimonials... to create a page and leave testimonials on how they feel about this American accomplishment."

Ek wonder of iemand 'n lied gaan skryf en 'n musiekvideo gaan maak oor ons volgende president.

[BBC]

Tuesday, October 14, 2008

Kerstyd in St. Louis alreeds?

'n Radiostasie in St. Louis, Missouri, VSA, het hierdie naweek die oorgang gamaak om 24/7 slegs Kersliedjies te speel.

Die oorgang is met gemengde gevoelens ontmoet, maar die stasie se programdirekteur sê Kersliedjies is populêr, selfs al is dit so vroeg in die seisoen.

As ek so na die stasie se Wikipedia inskrywing kyk, wil dit vir my voorkom asof die stasie 'n bietjie van 'n identiteiskrisis ondergaan. Eers was hulle 'n kontemporêre radiostasie, Movin 101.1, toe word hulle nou Christmas 101.1, met die slogan: 101.1 is your Holiday Station en die stasie beplan om vroeg 2009 'n 24/7 sportstasie te word.

Buiten die feit dat die stasie 'n identiteitskrisis het, voel ek dis net so effens vroeg vir Kersliedjies, nie eers te praat van 24/7 Kersliedjies nie.

Wednesday, October 08, 2008

Salvation Army kry 'n HUGE record deal

Dis Sondagmiddag 15:30 in Hartenbos. Ma en pa lê en slaap in die karavaan terwyl jy die sein probeer in tune op die draagbare TV. Net soos jy dit regkry om uiteindelik die buitelyne van Loftus Versfeld in die fuzzy sneeu uit te maak hoor jy die onmiskenbare geluid van die Salvation army. Enigste ding is, hierdie keer is daar geen bandlede wat vra vir geld nie.

Nee. Dit is jou buurman wat die Christelike blaasorkes top volume uit sy nuwe 3-disc changer speel, aangesien die Salvation army ‘n R15m record deal met Universal aangegaan het. R15m!

Die album se naam is “Together” en Universal, dieselfde label wat acts soos Amy Winehouse en Eminem gesign het (ironies?) hoop dat dit nommer een sal haal.

So moenie die Salvation Army hierdie vakansie afknou nie… dis dalk ‘n lid wat in die karavaan langs jou biltong sny en Bok van Blerk luister.

Saturday, October 04, 2008

...and then I went to hell

Fire & brimstone is obviously die pad om te vat as dit kom by Katy Perry se nuwe treffer... of te wel dis wat Havens Corners Church voel.

Ons kan seker wees daarvan dat ons nie cherry Chapstick in Senior Pastor David M. Allison se sak gaan kry nie.

Friday, October 03, 2008

Sweef soos 'n vuishou

Potchefstroom punk progressive people Straatligkinders bring ‘n nuwe album uit – due 3 November. Sweef soos ‘n vuishou behoort ‘n goeie addition tot hul repertoire van ‘n EP en een vollengte album te wees.

Op hul promo vid wat lyk of dit by ‘n mall se McD’s geneem is (check dit hier uit) sê frontman Bouwer Bosch “dis glad nie geweldadig nie, dis meer patrioties; oor wat jy glo en wat cool en reg is.” Interesting.

Ek’t oorgewandel na hul MySpace page toe (wandel jy ook maar daarna toe) waar die eerste single, “D vir dans, L vir leuens” opgelaai is. Dit klink of die band meer in ‘n indie rigting beweeg as ek so luister, maar om ‘n album se sound te judge op een song is redelik baie gevra.

Hou hierdie spasie dop vir verdere inligting. Hopelik kry ons ‘n gratis kopie… skimp skimp. Toe nou Bouwer. Hier’s ons posadres details vir ingeval:

Posbus 15781
Vlaeberg
8018

Ek het baie hard probeer om 'n image van die album te kry maar die beste wat ek kon doen was...

Monday, September 29, 2008

Swaar dra al aan die eenkant

Hoewel dit nogal scary is om te kyk wat aangaan in die Amerikaanse ekonomie, is dit op ‘n manier interessant om te sien hoe dit pretty much elke faset van ons alledaagse lewens raak.

Selfs kerke voel die pyn… ‘n onlangse poll gedoen deur Church Marketing Sucks het vasgestel dat kollekte by 32% van kerke gedaal het en dat daar ‘n paar verkleinings aan begrotings gemaak is.

Ons is nie heeltemal seker of dit aan die gang is by die NG Kerk nie, alhoewel dinge ook maar swaar-dra gaan in die SA ekonomie op die oomblik.

Friday, September 26, 2008

Hillsong SA Toer 2008



Koop nou jou kaartjies vir die Hillsong SA Toer 2008 voor dit uitverkoop word! Alle kaartjies kan ook by jou naaste CUM Boekwinkel gekoop word.

Kaartjies is was by meeste plekke R50 vir general admission en R80 vir Jump Zone, maar pryse het nou by meeste opgegaan na tussen R60 en R100 vir general admission en R120 vir Jump Zone.

Kaapstad:
Bellville Velodrome
14-15 November (Koop kaartjies)

Bloemfontein:
CRC Bloemfontein
18 November (Koop kaartjies)

Durban:
Durban Christian Centre
19 November (Koop kaartjies)

Port Elizabeth:
St. George's Park Cricket Oval
21 November (Koop kaartjies)

Pretoria:
Tuks Joolplaas, LC de Villiers Sportgronde
22 November (Koop kaartjies)

Sien julle daar, ek gaan by die Pretoria een wees.

Thursday, September 25, 2008

Underøath in Kaapstad

So Underøath was hier en behalwe vir die hordes 16-jarige uber-emo kindertjies was dit awesome. Nee, dit was ongelooflik goed. Selfs mense wat nie fans was nie het uit die venue uitgeloop met 'n smile.

Die show het begin met Durban hxc rockers Crossing Point, gevolg deur Straatligkinders en nog 'n paar ander. Een band wat 'n absolute show-stopper was was New Altum. Wow. Super performance.

Na about 'n halfuur van roadies wat uo se instrumente tune het Spencer en kie die stage gevat en geopen met die super-heavy In regards to myself. en op die ou end geëindig met A boy brushed red, living in black and white.

Wat amazing was, was dat die band op stage hulle geloof verklaar het en vir die gehoor vertel het hoekom hulle so glo - sonder om die show ongemaklik te laat voel. Amazing om mense wat soveel influence het in 'n baie spesifieke subculture Christenskap so openlik proclaim.

As jy dalk in Jozi is, doen jouself 'n guns en gaan check hulle uit. As screamo nie jou thing is nie sal die performance wel opmaak daarvoor.

Check hierdie live vid van A boy brushed red...

Monday, September 22, 2008

Play that funky movie, 'right boy

Genugtig. Kru taal, al hierdie geweldadige snert en vrouens wat hul ontbloot is darem net te volop deesdae. Gelukkig is ClearPlay hier! Maar wat is ClearPlay, vra jy seersekerlik?

Wel, soos hulle op hulle webwerf claim is dit ‘n “fancy DVD player that can play regular DVD movies — but without profanity, violence and nudity.” Wow. Maar hoe op aarde kry hulle dit reg? En wat as ‘n scene nogal crucial is tot die plot van die movie? Soos met, um... baie movies? Hulle het die antwoord op daai een ook:

“Like you we love movies and take great care to maintain the movie presentation quality – the only thing gone is “that one scene” you wish the kids never saw.”

Apparantly is dit ‘n klompie mense wat sit en DVDs kyk en die slegte uitsny (jy weet, hulle vat die punch vir die res van ons).

Kyk net hoe gelukkig lyk die families wat hierdie player het volgens hulle site:



Die image file se naam was selfs "HappyFamily.jpg". Sign my op.

Farfour

Hierdie een is bietjie meer op 'n ernstige trant...

Ons was nou die dag besig om te werk op 'n idee vir Euro Disney. Soos dit enige noukeurige bemarker betaam doen ek toe bietjie ondersoek oor ou Mickey en kom toe af op 'n baie, BAIE (baie) counterable counter culture.

Blykbaar het die "Hamas" kanaal in Palestinië 'n paar nie-so-PC-spoofs van Mickey gedoen, met die naam "Farfour". En get this: dis vir die laaities (ons praat van kinders wat veronderstel is om Hannah Montana en High School Musical te kyk).



Ontmoet Farfour; 'n blatante kopie van ou Mickey wat "relevante" topics soos die "Annihilation of the Jews", suicide bombings en the agterbaks-heid van die Jode bespreek. Jy weet. Jou average kinderprogram topics en issues.

Alle grappies op 'n stokkie, die show is hectic. As jy die video hier bo kyk en jy het saam met ons die nuwe Suid Afrika embrace sal jy most probably saamstem. Farfour is in alle respekte dit ultimate in "jy-mag-nie-daai-kanaal-kyk-nie-my-kind" TV. Dit is shocking dat iets soos dit aan kinders wat nie eens vir hulself kan besluit nie gewys word.

Phew. Daar's die ernstige topic van die maand.

Calling all Christian rockers!


Kyk jy soms vir jouself in die spiëel en imagine jy's Jeremy Camp? Air Guitar jy op Switchfoot se nuutste? Dan's Guitar Praise net vir jou!

Van die masterminds wat ons MyChurch, Christianster en TBN gebring het (ok nie rêrig nie, maar dit sal my nie verbaas as daar 'n klompie ouens iewers in 'n kamer sit en hierdie stuff beplan nie) kom die nuutste Christelike spin-off, Guitar Praise. Volgens hulle kuberwerf is dit nie te moeilik om die ultimate Christian rocker in die wêreld, ooit, te word nie...

Grab the guitar and play along with top Christian bands! Shred those riffs or blast the bass…you add a unique sound to the solid Christian rock. But watch out: if you can't keep up, the artists will take a break and stop the music. Crank it up and try again and you'll soon be rockin' with the best while praising the Lord! Order the second guitar and jam with a friend!
Met bands soos Newsboys, Relient K en Beautiful Republic is dit verseker om aanhangers van die genre gelukkig te maak, maak nie saak hoe lame die konsep klink nie. Net 'n jammerte dat dit so 'n lame naam moet hê. I mean, come on, kan dit nie iets meer rock 'n roll genoem word nie, soos Divine Guitar nie.

Ai.

Thursday, September 11, 2008

The Holy Land Experience


Ons almal weet in Amerika is alles groter en beter. Wel… jy kan maar besluit oor daai een.

Daar is actually ‘n theme park gebasseer op die Bybel met die naam “The Holy Land Experience”. Hier kan jy onder andere die geboorte plek van Jesus, Jerusalem se waaibs en selfs kruisigings every hour on the hour sien.

Ek’t so bietjie navorsing gedoen en sien dis ‘n inisiatief deur Trinity Broadcasting Network; dieselfde mense wat vir ons TBN channel op DStv bring.

Lyk my Disney World moet maar bid dat The Holy Land Experience nie oorneem nie…

[Thanks Donald]



Thursday, April 10, 2008

Close enough to hear your heart beat

emocore rockers new altum het 'n music video uitgebring!

die ouens met wie ons 'n interview gedoen het in episode 7 het at long last 'n vollengte album, 'grace forbids a hopeless case' uitgebring, tesame met 'n pretty awesome video. gelace met subtiele boodskappe rakende geloof en leefstyl behoort hierdie album 'n goeie addition tot jou versameling te maak.

ons is nog nie seker waar of wanneer die album uitkom nie, maar sal ons bes doen om uit te vind.

check new altum hier uit.


Wednesday, April 09, 2008

Kanye, die ewige entrepreneur


‘n Gereelde besoeker op die SkaatsCast is ou Kanye West, bekend vir sy fashion sense, Christelike uitsprake en lashings teen MTV omdat hy die ‘best vid’ award twee jaar in ‘n ry teen dieselfde band verloor het (verskoon my, ek moet net gou klaar lag).

(Ok, ek’s terug.)

So Kanye (die ewige entrepreneur) het nou sy handelsmerk van sukses en klas verleng na… nee jy het nie reggeraai nie… ‘n online reisagentskap!

Volgens Advertising Age het die voormalige wenner van ‘n Grammy Toekenning ‘n lae koste reis website begin waar mens onder andere vir jou vliegtuig kaartjies, cruises en huurmotors kan bespreek.

Miki Woodard, president van… wait for it… West brands het gese dat Kanye ‘n hele klompie industrie spesialiste ingerope het vir die ding en dat West in dit is vir die “long haul”.

Glad nie tot enige iemand se skok nie val die launch van Kanye se nuwe enterprise net mooi in die middel van sy sogenaamde ‘Glow in the Dark’ toer met Lupe Fiasco, N.E.R.D. en Rihanna. Wel ek hoop nie hy verwag dat die travel website sy loopbaan ‘n hupstootjie sal gee nie... dalk eerder anders om.

Maar kom ons noem nou maar ‘n spade ‘n spade en se dat Kanye vir ons darem altyd vermaak – en ons moet vir hom dankie se daarvoor.

Thanks Kanye!

Monday, April 07, 2008

EPISODE#27 | DIE SO LONG AND THANKS FOR ALL THE EPISODES EPISODE

sekerlik een van die mees overdue episodes in die geskiedenis van podcasting... en 'n belangrike een daarby. jip, ons verloor een van ons casters, en dis geen lagwekkende onderwerp nie. uncle phil verlaat ons om sy intellektuele voorstand te gaan benuttig in snor city (aka tswane aka pretoria) so geen meer feite vir ons nie.

jy mag dalk vra hoekom ons so lank gevat het om terug te kom? die kort antwoord? ons was lui (of sal ek eerder se steyn). en daarom vra ons om verskoning (of sal ek eerder se steyn).

jammer.

anyways, terug by die episode. ons chat oor mense wat stuff drink wat hulle blou maak, verkeersreels en kaartjies, vals advertensies en luister na the bats (jip... vat hom dawie). nog songs deur rancid en matchbook romance!

ons sal kyk of ons die skaatscast blog ens. bietjie meer gereeld kan doen, maar ons wil eerder niks belowe nie. ons is hoogs onvoorspelbaar as dit kom by die uitbring van 'n nuwe episode. maar vir nou sien ons uit na goeie tye! onthou: volgende week chat ons met ruan kruger en bouwer bosch van die straatligkinders en vra vir hulle al die vrae wat mk nie wil nie.

ai. mk.

download die episode hier!